Wednesday 23 January 2013

Treinwaens in Jhb aan die brand gesteek


Treinwaens in Jhb aan die brand gesteek
2013-01-23 18:01




Chaos ná trein in Kaapstad brand

Johannesburg – Twee treinwaens is by die Croesus-treinstasie in Johannesburg aan die brand gesteek, het Metrorail Woensdag gesê.

Die waens was deel van ‘n trein wat Dinsdagaand na Braamfontein op pad was, het ‘n woordvoerder van Metrorail, Lawrence Venkile, gesê.

“Geen beserings is aangemeld nie, maar voorlopige ondersoeke dui dat brandstigting die oorsaak kon wees.”

Drie treinwaens is Dinsdagmiddag by die Woodstock-stasie in Kaapstad vernietig. Vier pendelaars is beseer en is na die Groote Schuur-hospitaal geneem.

Metrorail sê beide brande was waarskynlik weens brandstigting.

Mosenngwa Mofi, uitvoerende hoof van Metrorail, sê die maatskappy doen ‘n beroep op hulp van alle wetgewers om ‘n einde te bring aan die vernietiging van sy bates.

No comments: