Wednesday 23 January 2013

Oproer: 25 in hospitaal behandel ná hul glo verkrag is 2013-01-23


Oproer: 25 in hospitaal behandel ná hul glo verkrag is
2013-01-23 

Die Vaalpark Netcare-hospitaal in Sasolburg is weer oopgestel nadat dit vroeër weens die onluste in dié gebied ontruim en pasiënte is om veiligheidsredes na hospitale in Gauteng oorgeplaas is.

Volgens Jacques du Plessis, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling, is die stap om die hospitaal te ontruim geneem om die veiligheid van pasiënte en personeel te verseker.

Volgens Selka-Ann Badenhorst, woordvoerder van die Medi Clinic in Vereeniging, is dié hospitaal en die Emfuleni Medi Clinic op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om pasiënte op te neem.

Beeld verneem ook die Sasolburg Metsimaholo-hospitaal kan nie al die verkragtingsake wat aangemeld word, hanteer nie. Die verkragtingsgevalle word na Vereeniging verwys.

Daar word vertroulik verneem dat 25 pasiënte by 'n hospitaal in Vereeniging behandel is vir verkragting – pasiënte wat beweer dat hulle tydens die onluste in Zamdela verkrag is.

No comments: